Suid Afrika is die enigste plek ter wereld waar die luukse van die westerse wereld in perfekte harmonie met die pragtige natuurskoon integreer.
Met 'n kontrasterende landskap wat wissel van 'n idiliese tropiese paradys in die ooste in Kwazulu Natal, tot die uitgestrekte woestyn van die Kalahari in die weste, is Suid Afrika voorwaar 'n land van prag en praal.
Suid Afrika is alombekend as die reenboog nasie weens die verskeidenheid van kulture, mense en natuurskoon. Die Suid Afrikaanse nasie bestaan uit die San mense (Boesmans), Nguni, Sotho-Tswana, Tsonga, Venda, Indiers, Afrikaner en ander gemengde volke wat bestaan uit immegrante vanuit alle uithoeke van die wereld. Amptelik bestaan die bevolking uit meer as 40 miljoen mense.
Suid Afrika is bekend vir 'n magdom van wonderlike ervaringe. Die moontlikehede vir 'n asemrowende vakansie is eindeloos, met 'n groot verskeidenheid van vakansie opsies. So uiteenlopend is die ervaringe van toeriste in Suid Afrika dat dit bykans onmoontlik is om 'n lys van die beste vakansie ervaringe op te stel.
Vakansiegangers kan kies vanaf die onherbergsame Kalahari woestyn, wat in 'n verassende kleurspel van blomme ontpop gedurende die lente, tot 'n grootwild safari toer waar die beroemde Afrika Groot 5 in die natuurskoon van ons Nasionale Parke bewonder kan word. Of miskien 'n vakansie by die see, of 'n wandeling deur die kulturele erfenis met Suid Afrika se vele wereld erfenis besienswaardighede op die spyskaart.
Ewe aanloklik is die polsende naglewe van Suid Afrika se stede en kultuurlewe. Met so 'n groot verskeidenheid van opsies is dit amper onmoontlik om jouself te beperk tot slegs een kategorie.
Suid Afrika het van die beste vakansie plekke ter wereld, met onbeperkte toegang tot pragtige strande, vakansie kuierplekke en ongelooflike avontuur safaris. Oorweeg gerus een van ons toere na die Drakensberge, Kruger Nasionale Park, Venda Kuns Roete, Namakwaland, Soweto, St Lucia Vleilande, Walvis Besigtiging, Sun City, Die Kaapstad Erfenis Roete, Tuinroete, Staptoere en die gewilde Maloti roete van die Vrystaat Provinsie.
Suid Afrika het in 2005 'n geraamde 7.36 miljoen buitelandse toeriste onthaal, met meer as 275 000 wat vanaf Noord Amerika gekom het en ongeveer 1.3 miljoen vanaf die Verenigde Koninkryk. In ag genome dat buitelandse toeriste gemiddeld 3 weke per besoek in Suid Afrika deurbring het Suid Afrika 'en ongeveer R8 700 per persoon in 2005 spandeer het, verdien Suid Afrika 'n aansienlike inkomste uit buitelandse toeriste. Hierdie syfers beteken dat Suid Afrika 'n gewilde vakansie bestemming vir buitelandse toeriste is.
'n Rekord van 2.7 miljoen toeriste het Suid Afrika besoek in die tydperk tussen Januarie en April 2006. Hierdie syfer is 16% meer as die ooreenstemmende tydperk in 2005.
Volgens die 2006 jaarverslag van die Suid Afrikaanse Toerisme Raad het buitelandse toeriste ongeveer R53.4bn in Suid Afrika spandeer vir die kalender jaar 2005.
Ongeag jou smaak, Suid Afrika is verseker jou toeriste betemming met 'n ondervinding wat nie net jou sak sal pas nie, maar ook aan jou 'n onvergeetlike ervaring sal bied.