VERVOER IN SUID AFRIKA
MOTORHUUR IN SUID-AFRIKA
Suid-Afrika is 'n pragtige land met baie om te sien. Die beste manier om deur die land te reis is ongetwyfeld met padvervoer. Die padnetwerk in Suid-Afrika is meestal van uitstekende gehalte, behalwe vir spesifieke dele van die land, met die Noordwes provinsie en die Ooskaap wat definitief die swakste padnetwerk het.
Nietemin is dit steeds 'n plesier om in Suid-Afrika te reis. Vir 'n vakansie in Suid-Afrika of 'n lekker toer deur die land is dit by verre die beste om self te bestuur.
Gelukkig hoef u nie bekommerd te wees as u nie 'n geskikte voertuig besit nie. In Suid-Afrika is daar 'n magdom van baie betroubare motorverhurings maatskappye. U kan enige voertuig na gelang van u behoefte huur en het 'n groot keuse tussen verskillende motors, vanaf luukse gesinsmotors, elegante 4x4 voertuie of die nuutste model ligte voertuig met lae brandstof verbruik.
Met so 'n groot verskeidenheid motors te huur, is dit wys om bietjie tyd te spandeer en rond te kyk vir die beste aanbod.
Gelukkig is daar ander wat die behoefte in die mark raakgesien het en bereid is om hierdie donkiewerk vir u te doen. U kan nou die geskikste motor huur vir u spesifieke behoeftes teen die beste pryse in 3 maklike stappe.
Nie net vergemaklik dit u taak nie, maar deur pryse van verskeie maatskappye te vergelyk kry u toegang tot meer as 700 000 voertuie te huur in Suid-Afrika en wêreldwyd. Pryse vir motor huur sluit in belasting, versekering, ens.
BESPREEK U MOTOR AANLYN IN 3 MAKLIKE STAPPE
Wenke vir Padveiligheid in Suid-Afrika
Alhoewel die meeste van Suid Afrika se paaie en infrastruktuur is in goeie toestand is, met die uitsondering van die Ooskaap, Noordwes en dele van die Suid Vrystaat, is dit wrradsaam om 'n paar veiligheidswenke te volg.
Die baie lang afstande tussen dorpe in veral die Noordkaap is vermoeidend. Beplan dus vooraf indien u self bestuur.
Vulstasies is beskikbaar op alle groot dorpe, maar versien u motor voordat u die reis aanpak.
Probeer om liewers nie snags te bestuur nie en vermy so die vele swaarvoertuie op Suid Afrika se paaie . Mistige toestande in die kusgebiede en wilde diere maak nagritte uiters gevaarlik.
Pasop vir mak diere in areas soos Noordwes en Ooskaap waar daar soms geen grensdrade langs die pad is nie.
Moennie drink en bestuur nie en probeer so ver moontlik die spoedgrens handhaaf. Die wettige alkohol vlak in Suid afrika is tans 0.05%. Dit is gelyk aan een glas wyn vir 'n volwasse vrou en 1.5 tot 2 glasse vir 'n volwasse man.
Die spoedgrens op nasionale paaie is 120km/uur of 100km/uur op streekspaaie. Beboude gebiede en dorpe het 'n spoedgrens van 60km/uurDie dra van veiligheidsgordels is verpligtend vir bestuurder en passasier.
Maak seker dat u bestuurders lisensie altyd byderhand is aangesien dit op aanvraag aan verkeers en metropolisie getoon moet word.
AANLYN VLUG BESPREKINGS
Bespreking van 'n vlug is deesdae baie maklik en gerieflik. Self u instap prosedure kan nou aanlyn by die internasionale lughawens gedoen word. Daar is 'n verskeidenheid van maatskappye wat besprekings namens u kan doen, of u kan 'n reisagent vra om dit namens u te doen, teen die gebruiklike fooi natuurlik.
Die vraag is, as u u eie motorhuur aanlyn kan hanteer, hoekom nie u vlugbesprekings ook nie.
Vir 'n aantal jare is hierdie diens reeds beskikbaar. U kan nou beskikbaarheid van vlugte opkyk, pryse van verskillende lugrederye vergelyk en u bespreking aanlyn doen net soos met motorhuur.
'n Baie betroubare en profesionêle diens word deur TRAVELSTART aangebied.