DIE TUINROETE
Dramatiese klowe deur riviere uitgekolwe, pragtige strande, indrukwekkende rotse in riviermondings en digte woude is die idiliese beelde van Suid Afrika se Tuinroete. Vanaf tussen Stilbaai en Mosselbaai in die weste, tot Stormsrivier or Port Elizabeth (PE) in die ooste lê die pragtige stuk strand paradys al langs die N2. Hierdie 300km tussen Mosselbai en die Tsitsikamma berge is 'n ongelooflike streek met 'n pragtige en aangename klimaat, lekker reën regdeur die jaar 'n unieke plantegroei. Suid Afrika se mees antieke immergroen woude kom hier voor, saam met 'n magdom fynbos en asemrowende klowe. Natuurlik is dit 'n Wêreld Erfenis Gebied. Die sensitiewe kusgebied word deur die Suid Afrikaanse Nasional Parke beskerm in drie ekologiese gebiede - die Wilderness Nasional Park, die Knysna Nasional Meer Gebied en die Tsitsikamma Nasional Park. Tsitsikamma is ’n Khoi-woord wat “plek met baie water” beteken.
Dorpe wat algemeen aanvaar word as deel van die beroemde Tuinroete sluit in Mosselbaai, George, Wilderness, Sedgefield, Knysna, Plettenbergbaai en Stormsrivier. Stilbaai en Albertinia in die weste en Humansdorp en Port Elizabeth in die ooste het so half ongemerk ingesluip. Binnelands is die Klein Karoo and Roete 62, wat nie regtig deel is van die Tuinroete nie, maar dikwels as deel van die toer ingesluit word as gevolg van die pragtige natuurskoon van die passe oor die asemrowende Outeniekwa Berge.
Behalwe vir die pragtige strande wat die Tuinroete as familie vakansie bestemming gewild gemaak het, is daar ongelooflike staproetes deur fynbos en digte woude. Lang skoon sanderige strande en rotsagtige riwwe maak dit ideaal vir duik en branderplankryery. Watersport soos kajak en kanovaart is 'n droom en dit kan afgewissel word met perderitte of fietstoere in die berge. 'n Bootrit is 'n moet, want die Tuinroete se dramatiese kuslyn van Keurboomstrand af tot by Nature’s Valley is pragtig van die see se kant af.
As jy die toeriste langs die Tuinroete wil vermy en meer uitsien na die stilte, dan is die Goukamma-natuurreservaat tussen Knysna en Sedgefield dalk vir jou. By dié stil wegkruipplek vind jy kalmte en is daar 'n verskeidenheid aktiwiteite soos hengel, voetslaan en kanovaart. Alhoewel jy kan nie in die reservaat kamp nie, is daar 2 kampeerterreine sowat 2 km verder by Buffelsbaai. Die wild by Goukamma sluit in grysbokke, bosbokke, bosvarke, ystervarke en nagapies, asook Kaapse otters, Kaapse duinemolle, rooikatte en ratels. Goukamma het ook meer as 220 voëlspesies. Dolfyne en walvisse kom van Julie tot Desember verby en is dikwels sigbaar. Die idilliese ervaring van perdry op ’n strand teen sononder is nou 'n werklikheid in Goukamma.
Wil jy “Captain of your own holiday” wees? Bespreek dan vir jou 'n Lightleys Holiday Houseboats. Jy het geen ervaring of ’n lisensie nodig om een van die huisbote vir 4 of 6 mense te bestuur nie. Elke huisboot is ’n volledig toegeruste selfsorgeenheid met ’n CD-speler, gasstoof, braaigeriewe en beddegoed.
AKTIWITEITE EN ATTRAKSIES
Die Tuinroete bied van die beste walvis besigtigings uitstappies per boot in die wêreld. Pant liefhebbers en voëlkykers sal 'n genotvolle dag in die fynbos en digte woude hê, of kan 'n dag spandeer in een van die vele nasionale parke en natuur reservate.
Stoom entoesiaste kan 'n rit op die beroemde stoom legende tussen George en Knysna onderneem en die Outeniqua Choo-Tjoe geniet. Vir die kulturele geeste is daar altyd township toere, museums, pragtige ou geboue en 'n magdom van handwerk winkels, markte, kuns galerye en lewendige musiek vertonings.
Natuurlik is daar genoeg vir die fynproewers, met 'n magdom van restaurante - baie wat veral spesialiseer in seekos disse - in elke dorp. Vir die toegewyde gholf speler is die Tuinroete 'n gholf speler se droom bestemming met 'n ander gholfbaan elke dag van die week.
As gholf nie vir jou is nie, hoekom nie tyd spandeer op een van Plettenbergbaai se vele internationale standaard polo velde nie.
Die Tuinroete is ideal vir diegene wat wil ontspan, met byna elke tweede hotel wat 'n gesondheids sentrum of spa bedryf of op perseel het. So, geniet 'n modderbad of masering na 'n lekker dag op die strand.
Walvis besigtiging is sekerlik een van die hoogtepunte in op die Tuinroete. Die Southern Right walvisse neem behoorlik die kuslyn oor in die periode Junie tot November wanneer hulle die lang reis vanaf Antartika aflê om geboorte te gee en in die natuurlike baai te baljaar.
By Knysna en buite Plettenbergbaai kan jy 'n onvergeetlike tyd saam met Afrika en Knysna olifante deurbring en jy hierdie reuse kan aanraak, voed, vir 'n staptog neem of lekker kan ry. Dit is voorwaar 'n belewenis. Moet dan ook nie vergeet van die bekende “Birds of Eden” en “Monkey world” 'n kort entjie se ry vanaf Plettenbergbaai.
Gaan stap langs die beroemde Otter Wandelpad en die Outeniekwa Wandelpad, met die manjifieke planetgroei en uitsig. Die Stormsriviermond-ruskamp in die Tsitsikamma Nasionale Park is die beginpunt van die wêreldbekende Otterstaproete van 42km.
Die Stormsriviermond-ruskamp is sowat 68km buite Plettenbergbaai. Een van die gewilde attraksies by Stormsriviermond is die Mondwandelpad van ongeveer 2 km tot by die bekende hangbrug.
Vir 4X4 entoesiaste is daar die onvergeetlike Southern Comfort Western Horse Ranch, ’n effens boheemse wegbreekplek met ’n 4x4-hindernisroete, reg in die middel van die Tuinroete se miljoenêrsmyl, halfpad tussen Plettenbergbaai en Knysna. Southern Comfort is boonop ’n bekostigbare plek om te bly as jy die Tuinroete wil verken. As bonus, terwyl jy jou veldryvaardighede opskerp, kan die kinders vrylik rondhardloop tussen troeteldiere en plaasdiere.
Of miskien is jy een van die adrenalien vrate wat meer belangstel daarin om saam met haaie te duik of jouself van die Gouritz Rivier brug af te gooi vir die hoogste reksprong (bungee jump) in die wêreld. Haaihokduik is 'n omstrede en vreesaanjaende idee. Daar is egter operateurs wat jou op 'n veilige én ekovriendelike wyse na die groot witdoodshaai sal laat loer.
'n Tandemvalskermsprong is dalk net die ding vir jou as jy daarvan hou om op 3000 meter uit 'n Cessna 182 te spring, teen 220km/h ten aarde te val en die wind deur jou hare te voel, voordat jou valskerm oopgaan en jy stadig en statig verder sweef.
Moennie vergeet van die moontlikheid van 'n ordentlike diepseehengel-ervaring van tot vyf uur saam met Plett Fishing Charters nie. Hulle verskaf alles vanvisstokke tot hoeke en aas.
Laastens, maar beslis nie omdat die die minste is nie, is daar die Tsitsikamma-boomtoptoer. Hierdie unieke ervaring het in 1992 in Costa Rica se tropiese reënwoude ontstaan. Dis ’n veilige eko-avontuur vir die hele gesin en enigeen van 7 tot 70 wat kan deelneem, met 'n gewigsbeperking van 120kg. Die adrenalien-belaaide Tsitsikamma-boomtoptoer bied jou die kans om die woud uit ’n ongewone hoek te verken, terwyl jyvir ongeveer 2 uur met 10 afsonderlike glydraadbane (foefie slides) van boom tot boom gly.