TOERISME AKKOMMODASIE SUID AFRIKA KRUGER NASIONALE PARK
DIE KRUGER NASIONALE PARK

Die KRUGER NASIONALE PARK, wat meer as twee miljoen hektaar beslaan, is ongeveer die grootte van die hele Wallis. Alhoewel daar is steeds grensdrade tussen dele van die Kruger Nasionale Park, Mosambiek en Zimbabwe, is die beplande Groter Limpopo Transfrontier Park tog 'n realiteit in wording. Wanneer dit realiseer, sal dit ‘n skouspelagtige bewaringsgebied wees, beter en groter as wat die Kruger alreeds is. Die grootste gedeelte van die Kruger Nasionale Park is in die leaveld geleë. Beperk to wye valleie onder 1 000m bo seevlak, is die laeveld wat baie mense oorweeg om die 'ware' Afrika te wees. In hierdie laag-liggende subtropiese  klimaat, bestaan breëblaarbome en doringbome gelukkig saam in ‘n relatief oop woudgebied, besaai met lang gras en natuurlik wild - baie wild.

In die vêre noorde, word dit warmer en die plantegroei verander in Mopane Woude en domineer groot Baobab bome die landskap. Hier neig die riviere om wyd te wees en stadig te vloei en is soms niks meer nie as verskeie geisoleerde poele aan die einde van die droë seisoen. Dit is egter dan dat die wild rondom die paar bekend water bronne saamkom om goeie wild besigtiging te verseker. U mag soms die sinies opmerking hoor dat Kruger 'te ontwikkel' is met die uitleg van dorp-tipe kampe en ander infrastruktuur.  Inteendeel, dit verseker juis dat die Kruger Park 'n aantal goeie verblyf opsies het - meer as 20 Sanpark kampe en verskeie luukse privaat lodges ook. Dit mag na baie klink, maar die groote van die Kruger (onthou dit is so groot soos Wallis)  en slegs die hoofkamp, Skukuza, is byna 'n klein dorpie. Die res is baie klein opstalletjies wat nie meer as 100 persone kan huisves nie. Dit laat 'n ongelooflike groot deel van die Kruger as ongerepte wildernis.

Vreemd - en teen alle verwagting – het die Noordelike deel van die Kruger, wat waarlik ongerep is, minder wilde diere as die Suide. Moet daarom nie voel jy mis uit omdat jy net 'n paar dae in die meer besige deel van die Kruger Park kan spandeer nie. Die Kruger Nasionale Park en die Laeveld is wel goed bedeeld met  Privaat Wild Reservate, waarvan die meeste luukse huisvestings in die vorm van Lodges het, waar gaste onderwerp word aan 'n byna skandalige vlak van vertroeteling. Besoekers word geneem op fantastiese wild ritte en opsionele stap toere deur goed opgeleide en oplettende gidse. Baie lodges het selfs goed toegeruste gesondheids sentra waar u die tyd kan verwyl met 'n masseering, gesigsbehandeling of 'n ander troetelbehandeling.

U kan die Kruger Park as 'n self-rit of begeleide toer ervaar. Ander opwindende opsies sluit in staptoere, safari, bergfiets paadjies en 'n bestuur self 4x4 roete. Die naaste lughawe aan die Kruger is die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawet, net buite Nelspruit. Die Suidelike en mees populêre deel van die Kruger is ongeveer 'n 4 ure rit vanaf Johannesburg, of 'n bietjie korter vanaf Pretoria. Die rit na die noordelike en minder bevolkte deel van die Kruger duur 'n paar uur langer en is 'n ander roete.  Mens kan 'n fantastiese sirkel roete dear die Kruger doen as jy sowat 10 dae tot jou beskikking het.



KRUGER NASIONALE PARK AKKOMMODASIE


Besigtig die ‘groot vyf’ vanuit jou luukse safari voertuig of gaan sny spoor te voet in die meeste beroemde wild park in die wêreld. Die Noordelike Kruger bied uitstekende wild-besigtiging en wêreld-klas verblyf met 'n Afrika gevoel aan.

Die wêreld-beroemde Kruger Nasionale Park bied 'n natuurlewe ondervinding aan wat kan kers vashou by die beste in Afrika. Na die oprigting van die Kruger in 1898 om die natuurlewe van die Suid-Afrikaanse Laeveld te beskerm, het SANParke die Kruger Nasionale Park ontwikkel tot ‘n trots wat onge-ewenaard is in die diversiteit van sy lewensvorme en 'n wêreld leier is in gevorderde omgewings bewaring tegnieke en beleide.

Die Kruger Nasionale Park is 'n ontsaglik natuur reservaat wat drie honderd en vyftig kilometers langs die Mosambiekse grens strek en ‘n gemiddelde breedte van omtrent sestig kilometers het. Oor die algemeen bestaan die grootste deel van die park uit gras en bos bedekte vlaktes, beter bekend in Suid-Afrika as die Savanna of Bosveld. Die grens met Mosambiek is skoon en minder ruig weens die alom-teenwoordige Lebombo bergreeks wat 'n natuurlike grens vorm. Daar is 'n aantal riviere wat van oos na wes binne die park vloei, by name die Limpopo, Luvuvhu, Shingwedzi, Letaba, Olifants, Timbavati, Sabie en die Krokodil rivier wat van noord na suid vloei.

Waarlik die vlagskip van die Suid-Afrika Nasionale Parke, bied die Kruger ‘n tuiste aan 'n indrukwekkend aantal spesies: 336 bome, 49 vis, 34 paddas, 114 reptiele, 507 voëls en 147 soogdiere. Die mens se interaksie met die Laeveld omgewing oor baie eeue - van boesman rots skilderye tot majestueuse argeologiese terreine soos Masorini en Thulamela - is baie duidelik in die Kruger Nasionale Park. Hierdie skatte verteenwoordig die kulture, mense en gebeure wat 'n rol gespeel het in die geskiedenis van die Kruger Nasionale Park en word instand gehou saam met die park se ander  natuurlike bates.

Daar is sewe ingange of hekke tot die Kruger Nasionale Park, met Malelane en Krokodil brug in die suide, die Numbi hek en Paul Kruger hek (die beste ingang wanneer u vanaf Johannesburg kom). Verder is daar ook Orpen, naby Blyde Rivier, Phalaborwa, Punda Maria en Pafuri meer noord.

Die Kruger Nasionale Park kan in drie aparte seksies verdeel word, die suidelike, sentraal en noordelike seksies.

Die Suidelike Kruger -  ook genoem die heuwel land van die Kruger Nasionale Park het ‘n maklike toegang en 'n groot getal kampe en wild ritte.

Die Sentrale Kruger - die oop gras vlaktes. 'n Unieke ondervinding vir besoekers. Die groot roofdiere en wild kuddes swerf oor die vlaktes.

Die Noordelike Kruger - die afgeleë Kruger Nasionale Park. Die Mopane vlaktes wat minder besig is met minder besoekers en dus ook meer rustig is.

Kampe:

Al 12 hoof ruskampe het elektrisiteit, 'n eerste-hulp sentrum, 'n winkel, braai en gemeenskaplike kombuis fasiliteite, 'n laundromat vir wasgoed, 'n restaurant en/of self-diens kafeteria, publieke telefone en 'n petrol stasie. Bemande inligtings sentrums is op Letaba, Skukuza en Berg-en-Dal. Vakansie programme en filmvertonings snags van die natuurlewe en bewaring is beskikbaar in baie van die ruscampe. Doen navraag by ontvangs.

* Berg-en-Dal (met sateliet malelane)
* Krokodil Brug
* Letaba
* Laer Sabie
* Mopani
* Olifants
* Orpen (met sateliete Maroela en Tamboti)
* Pretoriuskop
* Punda Maria
* Satara (met sateliet Balule)
* Shingwedzi
* Skukuza
* Tsendze

Bos herberg (Bush Lodges):

'n Bos huisvesting is 'n eksklusiewe, privaat huisvesting met 'n unieke styl en atmosfeer en verskaf die geleentheid aan toeriste om volle privaatheid te geniet, aangesien slegs bewoners tot die kamp toegelaat word. Daar is geen winkels of restaurante, maar die kombuis het 'n gas stoof met oond, yskas, vrieskas, eetgerei en breekgoed. Gas braaiers en vleisbraai fasiliteite word voorsien en hout moet gekoop word.

* Boulders
* Roodewal

Luukse huisvestings:

Hierdie opsie is vir die liefhebber van gerief. Geen luuksheid word ontsien in hierdie 5-stêr verblyf bos huisvestings.

* Tinga Private Game Lodge
* Jock Safari Lodge
* Singita Private Game Lodge
* Lukimbi Safari Lodge
* Imbali Safari Lodge
* Rhino Walking Safaris
* Pafuri Camp
* Pafuri Wilderness Trails

'n Moontlik gevaar binne die Kruger Nasionale Park is die bedreiging van malaria. Aangesien die Kruger Park in die Laeveld is, is dit belangrik om met jou algemene praktisyn te konsulteer om die nodige medikasie te ontvang voor die beplande besoek. Sommige malaria voorkomings medisyne is bekend om ernstige newe effekte te veroorsaak.


KRUGER NASIONALE PARK AKKOMMODASIE

Die Noordelik Kruger is 'n fasinerende samevloeing van biologiese diversiteit en geskiedenis. By Thulamela daar is die oorblyfsels van 'n laat Yster Tydperk beskawing wat het herstel is en bewaar word. Die ou klip mure en reuse Baobabs herroep 'n eertydse Afrika goud handel beskawing wat vroeë Europiese navorsing met eeue voor is.

Navorsers spekuleer dat Thulamela gekoppel was aan 'n groot Afrika ivoor en goud handel beskawing wat ongeveer 'n duisend jaar gelede eers in Mapungubwe naby Musina begin het en toe verder noord to Groot Zimbabwe beweeg het en later weer suid na Thulamela.

Masorini, naby die Phalaborwa hek, is ver meer modern en dateer terug tot die 19de eeu. Dit toon smeltkroese waar hierdie Yster Tydperk beskawing die metaal gesmelt het en yster kunswerke vervaardig het waarmee hulle handel kon dryf.

Noordelik Kruger is ook waar die grensdrade met ons buurland Mosambiek verwyder is as deel van die skepping van die groot Limpopo Oorgrenspark, wat tussen die grootste wildernis gebiede in die wêreld sal ontstaan, om oor 35 000 vierkant kilometers te strek.

In die laat namiddag langs die Pafuri, Shingwedzi of Limpopo riviere, staan u 'n uitstekende kans om 'n groot deel van die diere lewe te sien. Kyk hoe seekoeie hul verspotte oortjies skud, ooievaars deur die vlak water waad, pragtige Egipties ganse, krokodille op elke sandbank, visvangers, wildsbokkies op hul versigtige manier die water betree vir 'n teug, ruiers en sandlopers op die oewers en spelerige olifante soos kinders in die rivier baljaar.


KRUGER NASIONALE PARK AKKOMMODASIE


Suid Afrika | Suid-Afrika | Suid Afrika Nasionale Parke | Kruger Nasionale Park | Akkommodasie Kruger Nasionale Park | Akkommodasie Kruger Park | Akkommodasie Kruger Nasionaal | Verblyf Kruger Park | Verblyf Ktuger Nasionale Park | Ruskamp Kruger Nasionale Park | Ruskampe Kruger Park |
HOOF MENU
___________________

Tuisblad
Welkom
Toerisme Inligting
Beste Bestemmings
Provinsies
Streke
Dorpe
Hotelle
Nasionale Parke
Bed & Ontbyt
Gastehuise
Vakansie Oorde
Safaris & Toere
Spesiale Toere
Spas
Groen Kalahari
Noordkaap
Algemene Skakels
Adverteer met ons
Terme van Advertensies
Privaatheidsbeleid
Kontak Ons

__________________________

PROVINSIES
____________________

Ooskaap Provinsie
Vrystaat Provinsie
Gauteng Provinsie
Kwazulu-Natal Provinsie
Limpopo Provinsie
Mpumalanga Provinsie
Noordkaap Provinsie
Noordwes Provinsie
Weskaap Provinsie

__________________________

AKKOMMODASIE SUID AFRIKA:
__________________________

Besoek die grootste webwerf vir akkommodasie in Suid Afrika met meer as 8000 vakansie akkommodasie plekke om van te kies. Gastehuise, bed en ontbyt, vakansieoorde, nasionale parke of wildplase.

BESIGTIG EN BESPREEK AKKOMMODASIE

___________________

BESPREEK VLUGTE & MOTOR HUUR
____________________

Aanlyn vlug bespreking
Aanlyn motor huur

____________________

KIES KORTPAD NA DIE KRUGER NASIONALE PARK
____________________

Noordelike Kruger
Sentrale Kruger
Suidelike Kruger

____________________

HEKKE VAN DIE KRUGER
____________________

Krokodil Brug
Malelane
Orpen
Pafuri
Paul Kruger
Phalaborwa

____________________

DORPE OM DIE KRUGER
____________________

Hazyview
Hectorspruit
Hoedspruit
Komatipoort
Laer Sabie
Malelane
Phalaborwa
Skukuza
White River

____________________

Akkommodasie Suid Afrika | Suid Afrika | Toerisme Suifd Afrika | Vakansie Akkommodasioe Suid Afrika | Suid Afrikaanse Vakansie Akkommodasie | Toerisme Inligting | Hotel Akkommodasie | Toer in Suid Afrika | Toer deur Suid Afrika | Akkommodasie in Suid Afrika | Akkommodasie vir toeriste | Beste Toer Akkommodasie in Suid Afrika | Toeris Bestemmings | Verblyf vir Toeriste
Die aanbevole hek tot die Kruger Nasionale Park is die Phalaborwa Hek. Neem die N1 tolpad na Polokwane (Pietersburg). Draai regs 40 kms voor Polokwane op R71 ry na Tzaneen. Na Tzaneen reis na Phalaborwa en die hek. Laat tussen 6 en 7 toe vir die reis na die hek. Shimuwini Bos Kamp is 50 km vanaf die hek. Laat ongeveer 2 ure toe vir die reis na die kamp. Die Olifant Hoof Ruskamp is 83 km vanaf die hek. Laat ongeveer 3 hure toe vir die rit na die Kamp. Mopani Hoof Ruskamp 74 km vanaf die hek. Laat ongeveer 3 ure toe vir die rit. Letaba Hoof Ruskamp is 51 km vanaf die hek. Laat ongeveer 2 ure toe vir die rit.
By die Kruger Nasionale Park is ‘n verskeidenheid van akkommodasie eenhede beskikbaar. Behalwe die 12 hoof ruskampe met akkommodasie vanaf hutte en safari tente tot 2 en 3 bed slaapeenhede en luukse gastehuise is daar oor kleiner bos herberge en bosveld kampe.
Buffels is volop in die Kruger Nasionale Park. Die buffel (Syncerus caffer) het ´n reputasie onder jagters as een van die gevaarlikste diere. Tipies van die buffel is dat sy horings ´n helm oor sy kop vorm. Die buffel is ´n tropdier en die leiding by troppe word uitsluitlik deur die alfakoei geneem. In gevaar kom die koeie en die kalwers in die middel van die trop bymekaar en word omring deur die bulle. Die Buffel is een van die Groot Vyf van Suid Afrika.
Die jagluiperd of cheetah is 'n bekende gesig in die Kruger Nasionale Park. 'n Spoedvraat, maar 'n liggewig onder die Suid Afrikaanse roofdiere.
Koedoes is volop in die Kruger Nasionale Park en kom wydverspreid oor Suid Afrika voor.
Leeus is volop in die Kruger Nasionale Park. Die leeu (Panthera leo) 38 katagtige spesies wat daarvan hou om in troppe te lewe. Die leeu mannetjie kan tot 250 kg weeg en is die hoof van ´n harem van´n klomp wyfies en kleintjies. Die leeuwyfies is meesters in jag tegnieke. Tydens jagsessies kan ´n wyfie tot 60 km hardloop.
Kruger Nasionale Park se ander lid van die Groot Vyf is die luiperd. Die luiperd (Panthera pardus, Leopard) moet nie verwar word met die jagluiperd ('cheetah')) nie. Laasgenoemde is ’n heeltemal ander katspesie. Die luiperd se pels het swart vlekke in die vorm van rosette en hy het ´n bonkige, stewige liggaamsbou. Luiperds is kranige klimmers wat in droogtetye ook veldmuise, ystervarke en selfs vrugte sal vreet. Die jagluiperd (foto bo regs) se vlekke is rond en sy liggaamsbou is baie meer vaartbelyn. Hy het ook ´n prominente traanstreep langs die oë wat by die luiperd ontbreek.
Renosters in die Kruger Nasionale Park. Nog 'n lid van die beroemde Groot Vyf in Suid Afrika. Die renoster (familie: Rhinocerotidae) kan meer as 2500 kg weeg. In Suid-Afrika kry ons twee soorte: Die swartrenoster (Diceros bicornis) en die witrenoster (Ceratotherium simum), beide met twee neushorings maar hulle lipvorm verskil. Beide renosterspesies het swak sig maar ´n besondere skerp reuksintuig. Die swartrenoster wat vanaf die savannas en berghange suid van Ethiopië tot in Suid-Afrika voorkom, het ’n lang, gepunte, ''grypende'' bolip. Dit kan mooi gesien word in die foto hieronder. Die witrenoster is baie skaars en word meestal nog net in Suid-Afrika aangetref. Hierdie diere is eintlik nie wit nie. Die benaming is ´n volksnaam wat as gevolg van ´n taalfout ontstaan het. Die boere het die Nederlandse "wijde" (wat na die wye vorm van dié tipe renoster se onderlip verwys) verkeerd gehoor en na "wit" vervorm.
Olifante is deel van die Groot Vyf in die Kruger Nasionale Park. Die olifant (Loxodonta africana) kom suid van die Sahara voor en is deesdae tot sekere tropiese woude, savannas, woestyne en riviervalleie beperk. Hulle eet tot 200 kg voer en drink 190 liter water per dag. Hulle is in konstante gevaar omdat wilddiewe agter hulle enorme ivoortande (oogtande wat deur die vel groei) aan is.
Die Kruger Nasionale Park se langste inwoner is die kameelperd of giraffe,
Seekoeie in die Kruger Nasionale Park kom voor in die noordelike deel waar hulle in die riviere hul gewig rondgooi. Met so 'n bek moet 'n seekoei 'n gevaarlike byt besit!
Fotos voorsien deur die Suid Afrikaanse Toerisme Raad.
Zebras in die Kruger Nasionale Park.