INLIGTING AAN TOERISTE:
Tydsverskil
Suid Afrika opereer twee ure voor die internasionale "Greenwich Mean Time" regdeur die jaar, met geen dagligbesparing soos Namibia nie. Suid Afrika is dus 1 uur voor Europa en 7 ure na Australie.
Flugte na Suid Afrika
Die Oliver Thambo Internasionale Lughawe is die hoof lughawe in die land en hanteer meer as 45 verskillende lugrederye vanaf 5 verskillende vastelande. Direkte vlugte kom voor tussen Suid Afrika en die Verenigde State van Amerika, Groot Britanje, die Ooste, Europa en ander Afrika lande.
'n Direkte vlug tussen Johannesburg en die VSA duur ongeveer 15 uur, tussen London en Johannesburg ongeveer 10 uur en die Verre Ooste en Johannesburg ongeveer 10 tot 12 uur.
Paspoorte en Visums
Die meerderheid van oorsese reisigers verkry maklike toegang tot Suid Afrika en benodig geldige reisdokumente, insluitende 'n wettige paspoort en 'n visum. Tydelike reisdokumente word onder spesiale omstandighede aan toeriste uitgereik. Alle Suid Afrikaners benodig wettige reisdokumente om die grense van die land oor te steek.
Banke en Geldeenhede
In Suid Afrika is die enigste wettige geldeenheid die Suid Afrikaanse Rand, verteenwoordig deur die simbool "R". Een rand is gelykstaande aan 100 sente. Wettige denominasies is R1, R2, R5, R10, R20, R50, R100 en R200. Enige ander geldeenhede moet by die plaaslike banke of "Bureaux de Changes" vir rande omgeruil word voordat dit as betaalmiddel aangebied mag word. Die meeste belangrike internasionale kredietkaarte soos American Express, Diners Club, MasterCard en Visa word landyd aanvaar as betaalmiddel.
Diensfooitjies "Tipping for Services"
Die meeste restaurante voeg geen fooitjies by die rekening nie, maar dit is gebruiklik om 'n fooitjie van 10 to 15% as beloning vir goeie diens aan die kelner te gee. In meeste dorpe en stede word voertuie deur motorwagte opgepas vir 'n fooitjie, wat gewoonlik uit munstukke (kleingeld) bestaan.
Belasting
Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) van 14% word op meeste verbruikersgoedere gehef. Oorsese toeriste mag hierdie belasting weer terugeis wanneer hulle Suid Afrika verlaat, op voorwaarde dat die totale koopprys meer as R250.00 is en hulle 'n wettige kwitansie kan toon by die vertrekpunt.
Gestremde Reisigers
Suid Afrika is baie bewus van die regte en behoeftes van persone met gestremdhede en baie vooruitgang is gemaak om fasiliteite aan te pas om gestremde persone te akkommodeer. Gevolglik het baie akkommodasie fasiliteite aanpassings aan hul infrastruktuur gemaak om persone met gestremdhede te akkommodeer. Opritte vir rolstoele en badkamer toerusting is maar enkele aanpassings. Byna elke Nasionale Park in Suid Afrika het ten minste een kamer vir persone met gestremdhede. Meeste van die Sport Stadiums in Suid Afrika beskik oor spesiaal ingerigte suites, paviljoenes of areas vir rolstoele, met spesiale parkering en toilet greriewe.
Klimaat en Toepaslike kleredrag
Die Suid Afrikaanse klimaat is soms 'n uitdaging. Die seisoene in Suid Afrika is presies die teenoorgestelde as die seisoene in die noordelike halfrond. Somer is soms lank en bloedig warm op plekke, sodat gemaklike katoe kledingstukke, hoofbedeking en sonskerm produkte verpligtend is. Die meeste vakansie akkommodasie is toegerus met lugreeling. Indien u lang afstande per motor wil reis, maak seker dat die motor 'n werkende lugreelaar het. Voldoende vloeistof aanvulling is 'n vereiste. Winters is soms uiters koud, met heelwat binnelandse dorpe en stede wat temperature van onder vriespunt haal. Berge soos die Drakensberge en die Boland ondervind soms sneeu toestande. Warm klere in die winter is 'n vereiste. Die Kaapse Skiereiland is berug vir die "Kaapse Dokter" - 'n stormsterkte suidooste wind wat soms waai. Nat reeneringe toestand aan die gewilde vakansie bestemming vereis 'n goeie sambreel en reenjas.
Elektrisiteit en Water
Suid Afrika se elektisiteit word deur ESKOM voorsien en is 220/230 volts AC 50 Hz, met die uitsondering van Pretoria (230 V) en Port Elizabeth (200/250 V). Meeste vakansie bestemmings beskik oor voldoende elektisiteit, maar baie plattelandse bestemmings mag gebruik maak van kragopwekkers. Suid Afrika het veilige kraanwater in meeste stedelike gebiede, maar landelike gebiede en areas soos die Kgalagadi Oorgrens Park mag spesiale voorsiening vir water benodig. Bevestig die beskikbaarheid van water en elektrisiteit voordat u op reis gaan na veraf plattelandse streke.
Gesondheid en Veiligheid
Suid Afrika beskik oor 'n goed ontwikkelde infrastruktuur, goeie gesondheidstandaarde en mediese fasiliteite wat voldoen aan internasionale standaarde. 'n Groot netwerk van publieke (staats) en private hospitale bestaan landswyd. Dit bly egter raadsaam om u chroniese medikasie te onthou en seker te maak dat u u mediese fonds kaart en identifikasie byderhand het vir toelating tot privaat hospitale sou dit nodig wees. Voldoende reis versekering moet beskikbaar wees om onvoorsiene mediese uitgawes te dek.
Malaria
Malaria is endemies in die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo en op die Maputaland kus van KwaZulu-Natal. Alhoewel voorvalle van malaria in Suid Afrika raar is, is dit steeds raadsaam om voldoende voorsorg te tref indien u hierdie gebiede wil besoek. Voorkom muskietbyte deur insekweerders te gebruik, maar fisiese muskietnette is 'n goedkoop en effektiewe manier van voorkoming. Raadpleeg asseblief u mediese dokter voordat u malaria gebiede besoek en bespreek malaria profalakse, veral as u swanger is.
Persoonlike Veiligheid
Suid Afrika is 'n veilige bestemming ten spyte van die media berigte. Die meeste toeriste bestemmings kan met veiligheid besoek word indien die toeris 'n paar basiese veiligheid maatreels gevolg word. Moennie luukse artikels soos kameras of juwele onnodig tentoonstel of onbewaak laat nie. Wees versigtig met kontant en bly weg van donker eensame plekke. Basiese veiligheid riglyne is beskikbaar by hotelle, gastehuise en toerisme kantore. Meer inligting oor veiligheid in bepaalde areas kan verkry word vanaf u plaaslike polisie stasie of die "National Tourism information and Safety Line" by 083 123 2345.
Padveiligheid
Suid Afrika se paaie en infrastruktuur is in goeie toestand. Die uitsondering is die Ooskaap, Noordwes en dele van die Suid Vrystaat. Baie lang afstande tussen dorpe in veral die Noordkaap is vermoeidend. Beplan dus vooraf indien u self bestuur. Vulstasies is beskikbaar op alle groot dorpe, maar versien u motor voordat u die reis aanpak. Probeer om liewers nie snags te bestuur nie en vermy so die vele swaarvoertuie op Suid Afrika se paaie . Mistige toestande in die kusgebiede en wilde diere maak nagritte uiters gevaarlik. Pasop vir mak diere in areas soos Noordwes en Ooskaap waar daar soms geen grensdrade langs die pad is nie. Moennie drink en bestuur nie en probeer so ver moontlik die spoedgrens handhaaf. Die wettige alkohol vlak in Suid afrika is tans 0.05%. Dit is gelyk aan een glas wyn vir 'n volwasse vrou en 1.5 tot 2 glasse vir 'n volwasse man. Die spoedgrens op nasionale paaie is 120km/uur of 100km/uur op streekspaaie. Beboude gebiede en dorpe het 'n spoedgrens van 60km/uurDie dra van veiligheidsgordels is verpligtend vir bestuurder en passasier. Maak seker dat u bestuurders lisensie altyd byderhand is aangesien dit op aanvraag aan verkeers en metropolisie getoon moet word.
Inentings
Reisigers in Suid Afrika benodig geen spesiale inentings nie.
Winkels
Meeste groot dorpe en stede beskik oor verskeidenheid van winkels of groot sentra wat 7 dae per week oop is. Selfs plattelandse dorpe beskik oor kettingwinkels en 'n verskeidenheid kleiner winkels en straat kafees is beskikbaar deur die land.
Skakels
Die volgende skakels is nuttig vir addisionele inligting aan voornemende reisigers.